Sunday, January 5, 2020

Die boek van Openbaring (Openb. 1 - Les opsies)

Die boek van Openbaring is 'n "openbaring" (Griekse woord "ap-ok-al'-oop-sis" wat verwys na iets wat bekend gemaak word - gewoonlik van iets wat verborge was en verwys baiemaal na profesie - iets wat bekend gemaak word van wat in die toekoms gaan gebeur) wat Jesus Christus van die Vader ontvang het, en het dit dmv 'n engel met Johannes gedeel (Openb. 1:1)(in die vorm van 'n gesig terwyl hy "in die Gees" was). 

Die woorde in die boek van Openbaring moet gesien word soos woorde van Jesus Christus, en moet dus gesien word as waarheid ! 

Les opsies:
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Les 1:
Hierdie Openbaring was gegee dmv 'n engel (natuurlik " 'n engel van God "). Jesus Christus gebruik baiemaal engele om Sy wil uit te voer en Sy woord aan mense te bring - l.w. dat al die engele (van God) aan hom onderwerp is (1 Pet. 3:22).  Jesus Christus is aangestel bo elke naam, alle owerheid en mag en krag en heerskappy... - in hierdie sowel die toekomstige wereld! (Ef. 1:20-23), en Hy gebruik die engele as boodskappers - en hulle dien Hom (Hebr. 1:6,7). Hierdie is dus een van die maniere wat die Here gebruik om met die mens te kommunikeer...  

Sien talle vb.e in die Skrif waar engele gebruik was vir hierdie doel
(sien 'n lys op hierdie pos oor engele: http://warechristene.blogspot.com/2018/06/engele.html) - bespreek dit gerus in die Sondagskool groep, en laat die kinders dink aan vb.e van waar engele gebruik was om die Here se boodskap te bring. Hierdie kan 'n eerste les wees op hierdie reeks - vra vrae, bv. wat presies is engele, verskillende pligte van engele, waar woon engele?, wat eet hulle?, het die duiwel ook engele?, is engele manne en/of vroue?, is hulle magtig?, kan hulle dwaal? en wat is die uiteinde van dwalende engele?, watter gelowe is gevorm deur dwalende engele wat aan mense verskyn het, hoe lyk 'n engel?, ens.......
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Les 2:
Hierdie "Openbaring" was aan Johannes gegee terwyl hy op die eiland Patmos was (gebruik gerus 'n kaart om vir die kinders te wys waar die Griekse eiland Patmos is - bestudeer gerus ook vooraf die rede waarom Johannes op hierdie eiland was), en  terwyl hy "in die Gees" was (Openb. 1:9,10).
Om "in die Gees" te wees, verwys na iemand onder die beheer van die Heilige Gees (is onder beheer vd Gees van God), en terwyl hy is, kan hy dinge ervaar in die Gees, bv. die Here kan met hom praat dmv 'n gesig of droom. Dit word ook somtyds so verduidelik dat dit wat met Johannes hier gebeur het , was dat hy "'n gesig gesien" het (in 'n volgende les kan hierdie as onderwerp dien). Daar is verskillende maniere waarop die Here met ons praat. Soos ons bo gesien het, stuur Hy somtyds engele soos boodskappers uit. As "om in die Gees te wees" verwys na hoe iemand onder beheer is vd Heilige Gees, dan is alle Christene in wie die Heilige Gees is "onder beheer" van daardie Gees... Die Gees van God lei en leer hulle in die waarheid en/of werk verskillende gawes en bedieninge deur hulle - asof die Heilige Gees met hulle "praat".

In Johannes se geval hier wil dit voorkom of dit in die vorm van 'n gesig was (terwyl hy in die Gees was), en 'n engel is soos 'n boodskapper gebruik in die "gesig"...

Vir 'n studie oor wat dit beteken om in die Gees te wees, gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2019/01/in-die-gees-wees.html.
Hierdie onderwerp van om "in die Gees te wees" kan as 'n tweede les in hierdie reeks gebruik word in die Sondagskoolklas - bv., bespreek wat dit beteken om in die Gees te wees?. Kyk na vrae soos wat dit beteken om onder beheer te wees van die Gees. Bestudeer dus gerus ook die tema van bose/onreine geeste (http://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html), want nie almal wat onder beheer is van 'n gees is noodwendig onder beheer vd Heilige Gees nie.  Bespreek gerus in die groep die invloed van 'n gees op iemand se lewe. Bv., watter invloed het onreine geeste wat in mense woon, op hulle lewens? (kyk na vb.e in laasgenoemde url wat in die klas bespreek word).
Maar watter invloed het die Heilige Gees op iemand se lewe? (http://warechristene.blogspot.com/2014/08/die-gees-van-god-1.html). Bespreek vb.e van hoe mense in wie die Gees van God is, gawes en bedieninge kry en daar selfs dinge met hulle kan gebeur soos om in die Gees weggevoer te word van een plek na 'n ander! (kyk vb.e in laasgenoemde url)(of om in 'n gesig deur die Gees weggevoer te word van een plek na 'n ander soos met Johannes hier gebeur het - asof hy daar was!). Kyk gerus vir talle vb. onder laasgenoemde url.
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Les 3:
Somtyds praat die Here met mense dmv drome, en somtyds is dit in die vorm van 'n gesig  http://warechristene.blogspot.com/2017/06/gesigte-en-drome.html. In die geval van Johannes (Openb. 1) was hy in die Gees 'n gesig gewys. Hierdie was beslis nie iets in sy eie verbeelding nie, maar iets wat deur die Here dmv 'n engel aan hom gewys was. Die onderwerp van "gesigte sien" (en drome droom) kan in hierdie derde les bespreek word.

Woorde wat ook somtyds gebruik word is dat iemand in 'n "verrukking van sinne" was toe hy die gesig sien (was in 'n "trance" - Griekse woord "ekstasis" - gedagtes verplaas/staan in verwondering...). Om gesigte te sien en drome te droom is veral die twee maniere wat God gebruik het in die O.T. met Sy profete te praat, en dit is veral omdat die Gees van God op hierdie mense gerus het.  Enige iemand (Christen) in wie die Heilige Gees is, kan hierdie dinge ervaar.  In die N.T. is daar ook talle vb.e waar die Here met Sy dienaars in wie die Heilige Gees was, gepraat het dmv gesigte en drome (kyk vir vb.e laasgenoemde url).

Bespreek gerus hierdie onderwerp in die Sondagskoolgroep, bv.: Hoe kan 'n "gesig" beskryf word?  Is die ervaring werklik - bv., voel dit vir die persoon wat dit beleef of dit werklik gebeur? Kan "gesigte" ook dmv drome kom? en wat is die verskil tussen 'n gesig en 'n droomgesig?.... (kyk vir vb.e en antwoorde op laasgenoemde url).
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Les 4:
In hierdie les kan gekyk word na die nodigheid van die boek van Openbaring asook die geloofwaardigheid daarvan.  M.a.w., is dit werklik belangrik dat ons weet wat in die boek van Openbaring opgeskryf staan? , en kan dit wat in hierdie boek staan gesien word as woorde van God?

Die boek van Openbaring moet gesien word soos profesie. Die openbaring wat aan Johannes gegee is, is deur Jesus Christus aan hom gegee...  Dus, as die Here dink dit was belangrik dat Sy diensknegte hierdie dinge hoor, dan is dit belangrik! (want Hy is immers die Hoof vd Christelike kerk).  Dit was m.a.w. Sy wil dat ons hierdie dinge (wat geskryf staan in die boek van Openbaring) moet weet - al verstaan ons nie alles nie!  Dit wat in die boek van Openbaring opgeskryf staan, moet gesien word soos "woorde van God" (asook "getuienis van Jesus Christsus" want die Openbaring is deur Jesus Christus gegee...)(Openb. 1:2). Dit is die Here se woorde!, en die boek getuig ook baie van Hom, wie Hy is, wat Hy gedoen het, en wat Hy gaan doen.

Elkeen wat die woorde van hierdie profesie lees, en dit nie net hoor nie maar ook bewaar, kan gesien word as "salig" (hulle is soos "wel af" mense)(Openb. 1:3) - jy moet jouself sien as gelukkig ("blessed") as jy kennis kan kry oor die woorde in hierdie boek. Dit is "geestelike mense" wat hierdie voorreg het om al die woorde en getuienis wat in hierdie boek opgeskryf is, te hoor; en te hoor/weet wat presies in die toekoms gaan gebeur... ( Openb. 1:19). Dus, omdat Jesus Christus die Een is wat hierdie WAARHEID met Sy dienaars en "lede van Sy liggaam" gedeel het, daarom moet die boek van Openbaring gesien word as woorde van God;  en as dit woorde van God is wat gegee word, is dit inderdaad "profesie". In Openb. 1:3en  22:7,10,18,19 word dit ook "woorde vd profesie" genoem!

Bestudeer die onderwerp van profete en profesie in die Sondagskoolklas (Vir 'n studie hieroor, gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2015/07/profete-valse-profeet.html). Kyk na vrae soos:  Hoekom word die boek van Openbaring "woorde van profesie" genoem?  Wat is profesie?  Wat is 'n profeet?  Wat is die verskil tussen 'n ware en 'n valse profeet, of die verskil tussen 'n ware en valse profesie?  Wat word bedoel met "profetedom"? Wat is eintlik die werk van 'n profeet?  Bestaan daar nog vandag iets soos profete?...ens.
"n Belangrike onderwerp waarop ingekyk kan word van belang, wat aansluit by hierdie onderwerp, is die volgende:
die Here ons bron:  http://warechristene.blogspot.com/2019/10/die-here-ons-bron.html.
-  sieners / raadpleeg: http://warechristene.blogspot.com/2017/03/siener-raadpleeg.html
Dagstukkies oor hierdie onderwerp:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/04/waarseery-in-die-kerk.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/eers-moet-die-afval-kom.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/02/die-tyd-is-naby.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/04/aan-wie-word-die-gees-van-dwaling.html
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Les 5:
Iets wat in hierdie les uitgelig kan word is dat die boek van Openbaring nie net gesien moet word as woorde van God nie, maar is ook 'n getuienis van Jesus Christus. 'n Opsomming kan in die klas gemaak word van alles wat oor Jesus gesê word asook die manier hoe Hy homself voorstel in die openbaring voorstel (kyk in hierdie spesifiek na Openbaring 1).  Kyk ook na beeldspraak wat gebruik word en wat die spesifieke begrippe beteken, bv. hoekom word Sy oë voorgestel soos "oë soos 'n vuurvlam"?,  of  hoekom 'n "tweesnydende swaard uit die mond", ens. Kyk na ander skrifte en kruisverwysings om hierdie terme te verstaan.

Ons leer baie oor Jesus Christus self uit die boek van Openbaring. Behandel die eerste hoofstuk van Openbaring in die Sondagskoolklas - lees daardeur en kyk wat word alles van Jesus Christus gesê (kyk bv. veral v.5-8 en 11-20).
Hoe word Jesus beskryf?  En wat stel hierdie beskrywings voor?
Die kinders kan miskien 'n illustrasie maak van die 7 kandelare en Jesus Christus tussenin met 'n kleed wat op Sy voete hang, goue gordel om die bors, hoof en hare soos witwol, oë soos vuurvlam, voete soos blink koper, en stem soos stem van baie waters. In regterhand 7 sterre, skerp tweesnydende swaard uit mond, aangesig soos die son wat skyn in sy krag.  Kyk gerus na ander verse waarin hierdie beeldspraak gebruik word wat in konteks lig kan werp op hierdie beskrywings.
Hoe stel Jesus Homself voor?  (bv., is die eerste en laaste /  is die lewende - was dood en leef tot in alle ewigheid - hiermee getuig Hy self dat Hy dood was en opgestaan het uit die dood en vir ewig lewe; Hy is die Alfa en die Oméga - die begin en die einde - wat is en wat was en wat kom; Hy is die Almagtige).
Hoe stel Johannes vir Jesus voor? (bv., is die getroue getuie, eersgeborene uit die dode, Owerste oor die konings vd aarde, Hy het ons lief, Hy't ons sondes gewas in Sy bloed, Hy het ons gemaak konings en priesters vir Sy God en Vader, Hy gaan met die wolke kom en elke oog sal Hom sien - ook die wat Hom deursteek het - en al die geslagte vd aarde sal oor Hom rou bedryf).
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.